ALLES GEBEUR TEN GOEDE

Die koning en sy vriend

6/11/2017

ALLES GEBEUR TEN GOEDE.

(Uit Moreleta Park TV kerkdiens – 11 Junie 2017)

Die koning en ‘n vriend gaan jag elke jaar. Die vriend kom ‘n ongeluk oor en skiet die koning se vinger af. Die koning gooi sy vriend in die tronk.

Die vriend sê,” moet nie bekommerd wees nie, God laat alles gebeur ten goede”.

Die volgende jaar gaan die koning weer jag en word deur kannibale gevang. Hulle gooi hom in ‘n pot en begin die vure. Skielik sien een kannibaal die af vinger en sê vir die ander. “Ons kan nie hierdie man eet nie, sy een vinger is weg, hy is onrein” en hulle laat die koning vry.

Die koning gaan haal dadelik sy vriend uit die tronk en sê, “jy was reg, alles gebeur ten goede, as dit nie vir my af vinger was nie was ek nou opgeëet”, en hy maak vreeslik verskoning dat hy sy vriend in die tronk gegooi het.

Sy vriend stel hom gerus en sê, “Alles gebeur ten goede, as jy my nie in die tronk gegooi het nie het daardie kannibale vir my opgeëet.”