Interessante Brokkies
STORIES WAT STRUISBAAIERS UITDINK NET OM DAREM OOK IN DIE KOERANT GENOEM TE WORD
DIE BURGER LAASTE,18 Oktober 1991.
En nou vir die heel grote . . . 'n Kaapse walvisbraai
DIE BURGER LAAT, 4 Junie 1997 bladsy 8. Streeknuus: Platteland
Walvismelk bring uitkoms vir vissers




Die pondokkies het voorgekom tussen L'Agulhas en Suiderstrand (omgewing van die skeepswrak) en was gebruik deur vissermanne om te oornag. Foto is ongeveer 1963 geneem nadat hulle al vervalle geraak het.
Die kleinste verkleur-mannetjie. Volgroeid.
Die mannetjie Brookesia nana, of nano-verkleurmannetjie, het 'n liggaam wat slegs 13,5 mm (0,53 duim) lank is, wat dit die kleinste van al die sowat 11 500 bekende spesies reptiele maak.






Die MEISHO MARU - Toe en Nou.
Ek was 'n paar dae nadat die stranding plaasgevind het daar terwyl die bergingsproses begin het. Dit was 'n langlyn visboot. Dit beteken daar was kilometers van lyne (tou) wat van die boot verwyder moes word. Hulle het eenvoudig 'n ligblou stasiewa Valiant (gewone kar) agteruit nader getrek, die eenkant opgehys, wiel afgehaal en 'n kaal rim in die plek vasgetrek. Die Valiant is in eerste rat gesit en die koppelaar gelos. (Vir die wat nie heeltemal tegnies is nie - die ewenaar tussen die 2 wiele keer dat die ander wiel ook wil draai as die een vrylopend is.) So het hulle dan die lyn net 'n slag of twee om die vrylopende wiel gedraai en sidaar, net so goed soos 'n wenas.
Die noordelike koninklike vlieëvanger (Onychorhynchus mexicanus) Dit word aangetref in Mexiko, Sentraal-Amerika, tot Colombia en Venezuela. Sy natuurlike habitat is subtropiese of tropiese klam laaglandwoude.

'n Bemarkingsvideo wat ons in 1996 gemaak het. Let op vir Jan en Maretha wat bergklim en vir klein Martin met die boot in die hawe.

Na 'n lekker dag by die see sien ons 2 sonne (en dit was nie die voggies nie.) Blykbaar refraksie van lig as gevolg van die wolke.
SCHALK SE GEDAGTES
Persoonlike stories en geloofsoortuigings.
Mag u 'n vreugdevolle dag geniet.
Groetnis SCHALK.
schalklou@gmail.com
+27 82 568 3022
© 2025. All rights reserved.
Kontak besonderhede