IS LYDING ‘N STRAF?

8/20/2014

IS LYDING ‘N STRAF?

Of jy sterf van kanker na 3 maande se pyn of 3 jaar se pyn en of jy sterf op 1 jaar oud of op ‘n rype 90 jaar oud is hierdie aardse tyd onmeetlik klein teenoor die EWIGE LEWE. Ons vra so gou, “hoekom word daardie groot Christen so gestraf?” Sy of haar lyding is weglaatbaar klein gemeet in terme van die EWIGE LEWE.

Baie mense, of kom ons sê, alle mense het op een of ander stadium van hul lewe emosionele lyding wat ook soms vir jare of selfs hul hele lewe kan aanhou, maar weereens weglaatbaar klein in terme van die EWIGE LEWE.

Onthou ons sê selfs 150 jaar op aarde is nie vergelykbaar met die EWIGE LEWE nie!

Alles wat ons moet verduur is deel van God se plan. As jou kind as baba sterf het hy reeds sy taak op aarde verrig as deel van God se plan. Jy wat nog lewe het nog werk op aarde om te doen. Maak seker dat dit wat jy doen inpas by God se weë.