Is 'n witleuntjie oraait?
6/18/2013
IS ‘N WITLEUNTJIE ORAAIT?
Die ewige lewe is sekerlik die een ding waarna ons almal streef. Die enigste manier om dit te verkry is om ten volle Christen te wees en ALLE sondes af te sweer. Die maklikste in ons alledaagse lewe is om ‘n leuen te vertel. Dit maak nie saak of dit bedrog is en of net ‘n wit leuentjie nie – “Is dit die moeite werd om die EWIGE LEWE te verloor eerder as die skrobbering te vat wat jy sou verduur as jy die waarheid sou praat?”
So is daar ook vele ander voorbeelde van dinge wat ons doen wat verkeerd is in die oë van die Here, maar ons maak onsself wys dat dit nie so erg is nie, of sal dit net een keer doen, of darem nie gereeld nie. Ek noem dit die gemaklikheidsondes. Dan praat ek nie eers van die alledaagse sondes wat al deel van ons lewe geword het nie. (Al daardie waar die “TE” inkom.)
Die versoekings kom met reëlmaat op ons af, en ons swig net so gereeld daarvoor. Ons het min raad met hierdie versoekings. Ons sukkel om maklik nee te sê. Ons vind tog so maklik verskonings vir die afdraaipaaie wat ons kies.
Die vraag bly dieselfde – “Is dit die moeite werd om die EWIGE LEWE op te offer vir een keer, een jaar, of hoe lank ook al, se lekker?” Besef net, dit kan jou die EWIGE LEWE kos.
SCHALK SE GEDAGTES
Persoonlike stories en geloofsoortuigings.
Mag u 'n vreugdevolle dag geniet.
Groetnis SCHALK.
schalklou@gmail.com
+27 82 568 3022
© 2025. All rights reserved.
Kontak besonderhede