‘n PAAR GEDAGTES

4/20/20102 min read

n PAAR GEDAGTES

1. Is jy bang vir God? Hoekom nie. Ek is!

2. Omdat ons sondig is moet ons pleit voor God dat sy toorn nie op ons daal nie.

3. Gelukkig het hy daarvoor vir ons Sy Seun gestuur om te sterf vir ons sondes.

4. Vrees God, want Hy is almagtig.

5. Maar glo dat Hy jou sondes sal vergewe en net Hy jou die ewige lewe kan gee.

6. Wil jy die ewige lewe hê? Daar is net een manier. Glo in God en vertrou op Hom!

7. Ons twyfel so gou of ons reg glo, werklik glo?

8. Glo ons nie maar net omdat ons bang is vir God nie?

9. Die swaarkry wat Hy op ons pad kan bring. Die straf wat hy kan uitdeel.

10. Dit wil sê ons glo net omdat ons ‘n lekker lewe wil hê.

11. Jy kan ophou twyfel. As jy nie geglo het God bestaan nie sou jy nie bang gewees het dat Hy jou kan straf nie.

12. Is jy bang vir God se toorn?

13. Wees bang, maar weet, omdat jy glo, die ewigheid vir jou wag.

1. Na ek Angus Buchan se “Daaglikse geloof” dagstukkies elke oggend (2009) gelees het, het ek gou besef hierdie mense glo anders as wat ek glo.

2. Hulle glo onvoorwaardelik – ons twyfel nog. Ek het eers gedink hulle glo te erg. ‘n Bietjie onrealisties. Hy vertel van elke droogte waar hulle net begin bid het en dit het gereën. Gou het sy dagstukkies my so geinspireer dat ek begin wens het dat ek ook so kan glo.

3. Dit het eers tot my deurgedring toe ek hierdie laaste sin in ‘n dagstukkie lees. “As ons op Hom kan vertrou vir die ewigheid, kan ons ook op Hom vertrou om hier op aarde in al ons behoeftes te voorsien”

4. Glo jy dat God vir jou eendag die ewige lewe gaan skenk? Indien jy so iets groots kan glo hoe kan jy dan nie glo dat God in al jou behoeftes sal voorsien nie?

5. Die eintlike vraag is, is dit die moeite werd om Sy opdrag aan jou nie na te kom nie, want dan gaan jy die ewige dood sterf.

6. Is dit die moeite werd om net die lekker in die lewe na te jaag en te vergeet om reg te glo?

7. As jy reg glo, onvoorwaardelik soos Buchan, sal Hy jouself die lekker in die lewe gee tesame met die belofte van die ewigheid.

8. As jy reg glo sal jy gou besef God is alles en indien God alles is moet ons doen soos Hy wil hê ons moet en sy heerlikheid oral en altyd op ons lippe wees.

9. Glo jy reg?

10. Liewe Here dankie dat U na die wêreld gekom het om vir ons sondes te sterf, help ons om reg te glo sodat ons sal besef dat U heerlikheid alles in die lewe is. AMEN

Wil jy die ewige lewe hê? Staak die sondes waarmee jy besig is.

Doen selfondersoek en verander dit wat jy weet verkeerd is.

Anders gaan jy die ewige dood sterf.

IS DIT(die sonde) DIE MOEITE WERD??